Pligtelys van Beredderaar
1. Meld boedel aan deur streftesertifikaat, verklaring dat die boedel nie reeds elders gerapporteer is nie, inventaris, testament (indien van toepassing) en aanneming van eksekuteurskap (in duplikaat) aan die Meester van die Hoërhof vir die gebied waar die oorledene woonagtig was tydens afsterwe te stuur. Vra dat eksekuteur aangestel word.

2. Stel vas wat die waarde van alle bates in die boedel is. Bewaar bewystukke in lêer.

3. Stel vas wat die laste teen die boedel is.

4. Adverteer vir krediteure en debiteure in die Staatskoerant en plaaslike nuusblad.

5. Open ‘n boedelbankrekening indien in besit van R1000 of meer.

6. Bepaal ‘n geskikte werkwyse om die boedel te beredder. Indien daar ‘n kontanttekort is, raadpleeg die erfgename.

7. Betaal alle laste nadat seker gemaak is dat daar nie ‘n kontanttekort is nie en indien die boedel nie insolvent is nie.

8. Indien boedel insolvent is, handel ingevolge artikel 34 van die Boedelwet.

9. Stel likwidasie- en distribusierekening op.

10. Ontvang toestemming van Meester om te adverteer dat die rekening ter insae lê.

11. Betaal alle krediteure indien dit nog nie gedoen is nie. Betaal aan legatarisse en erfgename hule legate en erfporsies.

12. Betaal Meestersgelde.

13. Betaal boedelbelasting indien toepaslik.

14. Voldoen aan finale vereistes.

15. Verkry Meester se sluitingskennisgewing.