HULP MET BESTORWE BOEDELS |
NR. |
OPSIES |
KOMMENTAAR |
Soos ooeengekom |
1 |
Ons doen die hele boedel |
Voorgeskrewe fooi is 3.5% |
2.2% + BTW - voorwaardes
geld |
2 |
Ons voorsien boedelrapporteering vorms |
|
R230.00 |
3 |
Ons staan by met voltooi van vorms |
|
R460.00 |
4 |
Ons raporteer boedel en bekom aanstellingsbrief |
|
R2300.00 |
5 |
Ons hanteer advertensies vir Skuldeisers |
Geskatte uitgawes van advertensies moet ook vooruit betaal word. Dit moet onderskei word van ons fooi |
R460.00 |
6 |
Ons stel Likwidasie-en Distribusierekenig |
|
1.2% + BTW - voorwaardes geld |
7 |
Ons hanteer advertensie van Likwidasie-en Distribusierekening |
Geskatte uitgawes van advertensie moet ook vooruit betaal word. Dit moet onderskei word van ons fooi |
R460.00 |
Hulp Met Die Bereddering Van Boedel Van Oorledene
‘n Geliefde van jou is pas oorlede. Daar is hartseer. Nou kom jy agter daar is nog wetlike verpligtinge en administratiewe verantwoordelikhede rondom die boedel. Dit help niks om die las ligter te maak nie.
‘n Prokureur of boedelberedderaar kan dalk help. Teen ‘n fooi, natuurlik. Die voorgeskrewe fooi is 3½ van die bruto waarde van die boedelbates. Dit kan kontantvloei probleme meebring wat julle nooit voorsien het nie.
Wat nou?
Indien die Eksekuteur reeds benoem is in die oorledene se testament, is daar nie veel opsies nie. Jy kan met die eksekuteur onderhandel vir ‘n verminderde fooi, maar as hy/hulle steeks is, is daar niks wat jy daaromtrent kan doen nie.
Indien die eksekuteur nie benoem is nie, of jy of ‘n nabye familielid benoem is, maar weet nie wat om te doen nie, kan jy of die familie begin beding met ‘n prokureur of beredderaar vir ‘n laer fooi.
Ons bied verskeie opsies:
In sommige gevalle, as die bruto waarde meer as 2 Miljoen Rand is, kan ons firma die boedel beredder verminderde fooi, in plaas van die voorgeskrewe 3,5%.
Ons kan ook sekere gedeeltes van die bereddering vir u makliker maak of vir u doen teen ‘n spesiale tarief. Hier is die besonderhede: