Hulp Met Die Bereddering Van Boedel Van Oorledene

‘n Geliefde van jou is pas oorlede. Daar is hartseer. Nou kom jy agter daar is nog wetlike verpligtinge en administratiewe verantwoordelikhede rondom die boedel. Dit help niks om die las ligter te maak nie.

‘n Prokureur of boedelberedderaar kan dalk help. Teen ‘n fooi, natuurlik. Die voorgeskrewe fooi is 3½ van die bruto waarde van die boedelbates. Dit kan kontantvloei probleme meebring wat julle nooit voorsien het nie.

Wat nou?

Indien die Eksekuteur reeds benoem is in die oorledene se testament, is daar nie veel opsies nie. Jy kan met die eksekuteur onderhandel vir ‘n verminderde fooi, maar as hy/hulle steeks is, is daar niks wat jy daaromtrent kan doen nie.

Indien die eksekuteur nie benoem is nie, of jy of ‘n nabye familielid benoem is, maar weet nie wat om te doen nie, kan jy of die familie begin beding met ‘n prokureur of beredderaar vir ‘n laer fooi.