Hier is n goeie kopie wat ons gevind het in Property 24 kliek hier om meer te sien. As jy belangstel kontak vir Magda by: 079 852 1946 of 011 664 8812 Sien die video:
Hier is die groot voordeel: Verkoopskommissie van slegs 5% plus
BTW!
Hoe kan aktebesorgers 'n diens lewer vir so 'n lae kommissie? Want hulle maak gebruik van die nuutste
tegnologie , vermy verouderde tydrowende metodes, soos skouhuise, tyd en energie vermorsing met
ongekwalifiseerde kopers, vergesel van potensiële kopers na talle eiendomme, ens. Met ander woorde, soos
hulle in Engels sê: “By working smarter not harder”
Hier is die groot voordeel: Verkoopskommissie van slegs 5% plus BTW!
Voordele:
Jou prokureur is van die staanspoor betrokke, met die aanbied van regsleiding en advies gedurende die
hele proses
Slegs kontant - of vooraf gekwalifiseerde kopers word voorgestel
In plaas van vertoonhuise kan Virtual Reality Tour gebruik word - (dit is 'n video wat so realisties is, dat dit
is asof die kyker deur die huis kan loop). Vir 'n voorbeeld, besoek http://www.tour360.co.za/home-
sample.html
Nege eiendomswebportale word gebruik bv. Eiendom 24, Privaat Eiendom, IOL, Gumtree, ens.
Inligting van Lightstone is toeganklik wat help om 'n behoorlike waardasie te doen
Die koopooreenkoms word opgestel deur jou eie prokureur
Jy elimineer nuuskierige "window shoppers" wat graag jou eiendom wil sien, maar nie regtig belangstel
"Agentekommissie is te hoog", hoor ek mense sê. Jy verkoop 'n eiendom vir R1 miljoen en as die agente hul normale kommissie plus BTW hef, neem dit 'n hap van sowat R85 000.00 uit jou opbrengs. Tog weet ek van baie eiendomsagente wat lang moeisame ure werk aan talle potensiële transaksies en aansienlike uitgawes aangaan voordat hulle kommissie verdien (waarvoor hulle boonop nog twee tot drie maande moet wag vir registrasie van oordrag) en wat sukkel om ‘n bestaan te maak uit die verkoop van eiendom. Die probleem is dat die tradisionele metodes van eiendomsagente ondoeltreffend, arbeidsintensief en duur is. Baie mense probeer hul eiendom sonder 'n eiendomsagent verkoop, wat wetlik toelaatbaar is, maar die sukseskoers van private verkopers is baie laag. Is jy dan op die ou end aangewese op ‘n eiendomsagent? Nee, nie noodwendig nie. Soos ek reeds vermeld het, is die tradisionele metode ondoeltreffend. Dit is inderdaad heeltemal verouderd. Hoekom? Omdat daar nie genoegsaam gebruik gemaak word van die internet en moderne tegnologie nie.
Daar word beweer dat die uitvinding van die internet die belangrikste innovasie is sedert die drukpers ontwerp is in die 15de eeu. Kenners sê dat tegnologie reeds oplossings bied wat die gebruik van tussengangers in vaste eiendom verminder. Dus, as die tradisionele metode om eiendomsagente te gebruik, nie koste-effektief is nie, en as privaat verkoop gewoonlik nie goed werk nie, wat is die opsie wat nog oorbly?
Dit is waar Attorney Realtor Hub inkom. Prokureurs wat as aktebesorgers gekwalifiseer is, kan by die Hub aansluit en van die staanspoor af 'n professionele diens lewer wat baie meer koste-effektief is as die tradisionele manier. Prokureur Meyer de Waal sê: "Tegnologie kan nooit die menslike kontak vervang nie en dit is
VERKOOPPRYS
NORMALE
KOMMISSIE
ATTORNEYHUB
KOMMISSIE
BESPARING
R500
000
R42
750
R14
250
R28
500
R1
000 000
R85
000
R28
500
R56
500
R1
500 000
R128
250
R42
750
R85
500
R1
700 000
R145
350
R48
450
R96
900
R2
000 000
R171
000
R57
000
R114
000
R2
500 000
R213
750
R71
250
R142
500
R3
000 000
R256
500
R85
500
R171
000
R4
000 000
R342
000
R114
000
R228
000
R5
000 000
R427
500
R142
500
R285
000
R6
000 000
R513
000
R171
000
R342
000
R10
000 000
R855
000
R285
000
R570
000
R30
000 000
R2
265 000
R855
000
R1
710 000
waarom prokureurs wat eiendomme verkoop hulle regsopleiding, ondervinding en die benutting van die nuutste eiendoms tegnologie kombineer om doeldreffender te werk in the bemarking en verkoopsproses van eiendom. “Hy sê: Prokureurs wat van die HUB se middele gebruik maak, gebruik die nuutste tegnologie om verkopers en kopers baie meer waarde te bied in die "volle sirkel" van die verkope as wat tradisioneel die geval was. Al die rolspelers kan snags rustig slaap en weet dat hulle in betroubare, ervare en deskundige hande is, vanaf die tydstip wat die eienaar besluit om sy eiendom te verkoop, tot die tyd dat die koper as die nuwe eienaar in die aktekantoor geregistreer is." Vir meer inligting, besoek www.attorneyrealtorhub.co.za