TESTAMENTE

TESTAMENTE

 

Hier is ‘n eenvoudige enkelpersoon Testament en ‘n eenvoudige gesamentlike Testament. U kan dit gebruik, op eie risiko, maar ons beveel aan dat u eerder professionele advies inwin.

 

[Hantering van Onroerende Eiendom in Oorledene se Boedel]

 

[Pligtelys van Beredderaar]

 

[Hulp Met Die Bereddering Van Boedel Van Oorledene]

 

Hou asseblief in gedagte dat die persoon wat die Testament teken (die Testateur) dit moet teken in die teenwoordigheid van twee getuies (ouer as 14 jaar) en dat die getuies moet nie ‘n genomineerde begunstigde of eksekuteur in die testament wees nie.

 

Ons beveel aan dat u Testament opgestel word met inagneming van die groter prentjie van u algehele finansiële beplanning. Dit moet nie sonder deeglike oorweging gedoen word nie. Behoorlike beplanning om te verseker daar is genoegsame likwiditeit is baie belangrik. In Engels word gesê: “Wills don’t pay bills”, en in Afrikaans kan mens se: “Testamente betaal nie paaiemente”. Behoorlike beplanning kan ook boedelbelasting-verligting meebring.

 

Daar is talle opsies wat by ‘n Testament oorweeg kan word, bv.

 

  • Die skepping van ‘n testamentêre trust (‘n gewone trust / ‘n “bewind” trust)

  • Die skepping van ‘n vruggebruik

  • ‘n Voorafbemaking (Pre-Legaat)

  • ‘n Voorwaardelike legaat

  • ‘n Fideikommis

  • Boedelsamesmelting tussen gades

  • Voorsiening vir “Inbreng”

  • Benoeming van voog vir minderjarige kinders

  • Spesiale bepaling om te verseker dat erfenis nie deel word van gemeenskaplike boedel van getroude erfgenaam en gade nie.

  • Spesiale bepaling om te verseker dat erfenis nie aan ‘n insolvente boedel toekom nie

  • Spesiale bepaling om eksekuteur te bemagtig om besigheid te bestuur

  • Liefdadigheidsbemaking

  • Plaasvervangende klousule/s

  • Skenking van organe vir navorsing of oorplanting

  • Begrafnisreëlings

  • Voorsiening vir bates buite die Republiek van Suid Afrika

  • Voorsiening vir goedkoper dispuutoplossing tussen erfgename in plaas van hofgeding

  • Voorsiening vir “Lewende Testament”, dit wil sê dat u nie kunsmatig aan die lewe gehou moet word nie.

 

Ons wil u weereens aanmoedig om ‘n prokureur te raadpleeg wat u kan adviseer oor al hierdie opsies en u kan bystaan met die beplanning en opstel van u Testament. Ons kan ook sekere gedeeltes van die bereddering vir u makliker maak of vir u doen teen ‘n spesiale tarief. Hier is die besonderhede.